Kaapse Wynmakersgilde kondig verskeidenheid van wyne aan vir jaarlikse veiling

Dit is amper tyd vir die jaarlikse Kaapse Wynmakersgilde-veiling en die seleksie van wyne is pas bekendgemaak. Wynversamelaars sal die geleentheid hê om op ‘n groot verskeidenheid van wyne te bie wat verskeie streke en uiteenlopende style insluit. Oor minder as twee maande word die 2020 Nedbank KWG-veiling op Saterdag 3 October 2020, vanaf 12:00-Londentyd, vir die eerste keer lewendig en aanlyn deur die Bonhams-veilingshuis aangebied.

Die wynbedryf is oorstelp dat wynverkope kan voortgaan, maar siende sosiale afstand gehandhaaf word, sal daar steeds geen sosiale proeë op vanjaar se agenda wees nie. Wynliefhebbers kan wel uitsien na drie aanlyn-praatjies wat voor die veiling gehou sal word om almal by die opwinding te betrek. Meer besonderhede sal binnekort aangekondig word.

Vanjaar se seleksie spreek weer eens van kreatiwiteit en die vindingryke aanslag tot wynmaak waarvoor die Suid-Afrikaanse wynbedryf sy aansien verwerf het. Kopers kan uitsien na ‘n intense Cabernet Sauvignon van Stellenbosch tot ‘n meer delikate Pinot Noir van die gesogte 2017 en 2018 oesjare. Uitstaande voorbeelde van onder meer Syrah, Cabernet Franc en ander rooi versnitte vang ook die kenmerkende parfuum en intensiteit van hierdie oesjare vas. Tydens die seleksie-proe het lede van die Gilde die varsheid en elegansie van die 2018- en 2019-oesjare van Chardonnay, Chenin Blanc en Sauvignon Blanc geprys. Méthode Cap Classique sal soos altyd weer ‘n hele string aanhangers hê.

Die Gilde ondersteun vanjaar een van sy lede, Samantha O'Keefe, wat haar kelder, huis en ‘n groot deel van haar wingerd, in ‘n verwoestende brand die afgelope Desember verloor het. Versamelaars sal die rare geleentheid hê om op kleiner lotte van ses bottels te bie. Die fondse wat só gewerf word van die eerste ses bottels van elke wyn, sal aan O’Keefe geskenk word.

Die wyne op aanbod sluit die huidige jaar se wyne in en soos wat die veiling vorder, sal biërs die geleentheid hê om alles aandagtig op skerms reg rondom die wêreld dop te hou. Biërs sal aanlyn na die veiling kan kyk en direk kan bie, of aanlyn via die Bonhams-webblad, of telefonies, of deur gevolmagtigde of kommisie-botte vooraf by Bonhams te plaas. Registrasies vir beide veilings open op Vrydag 14 Augustus 2020 op Bonhams se webwerf (www.bonhams.com).

Kliek op die skakel vir volledige inligting oor elke wyn. https://www.capewinemakersguild.com/auctions/2020

 

Kliek hier vir 'n lys van die 2020 Nedbank CWG Veilingwyne